names
14 NOVEMBER 2026

Hou die datum oop

ONS STORIE….

Toe Michellé vir Kevin die eerste keer ontmoet het, was hy eintlik net ’n kliënt wat sy bakkie moes laat wrap. Kevin het egter vinnig vergeet van die “wrap”… want hy kon eenvoudig nie sy oë van Michellé afhou nie.
Of hy ooit regtig geweet het watter kleur vinyl op die bakkie gegaan het, bly vandag nog ’n misterie.

’n Paar jaar later het hulle mekaar weer raakgeloop en begin saamwerk. Daar was onmiddellik ’n “spark” tussen hulle — die tipe wat almal kon sien… behalwe hulle twee.

Nie een van die twee wou eerste toenadering soek nie. Kevin het rustig sy tyd geneem, Michellé het geduldig gewag… vir omtrent vyf minute.

Sy neem toe ‘n besluit: “Genoeg is genoeg!” en haarself genooi vir ’n braai by Kevin se huis. Baie subtiele tegniek natuurlik!

Aanvanklik het hulle twee besluit om net vriende te wees. ‘n Besluit wat so lank gehou het soos ’n WiFi konneksie tydens “loadshedding”.
Die daaropvolgende dag het Kevin “Sushi” gebring en wat veronderstel was om ’n vinnige kuier te wees, het ure se gesels, lag en stories deel geword. Teen daardie tyd was dit redelik duidelik: hierdie “vriendskap” is besig om handuit te ruk.

Die volgende stap was om Kevin vir ‘n VanderMerwe familie-ete te nooi. Nou, enige man wat daardie vlak van chaos kan oorleef, verdien eintlik sommer klaar ’n medalje!

Die dag was gevul met lag, grappies en die lawaai van mense wat almal gelyk praat. Natuurlik het Michellé se dogter, Megan vir Kevin die “ultimate evil eye” gegee, terwyl sy probeer vasgestel het wie en wat hierdie ou nou eintlik is.

Na die dag se besige kuier was Michellé daarvan oortuig dat Kevin die hasepad sou kies, maar hy het nie. 

Op 13 November 2019 skryf Kevin vir Michellé ’n brief en vra haar om sy meisie te word. (Hy moes dit natuurlik op die mees moontlike “gentleman’ manier doen.)

Paar jaar later toe kom die groot oomblik…… voor Kevin vir Michellé die groot vraag kon vra, moes hy eers toestemming by Megan en Michellé se ouers kry.
Om dit alles geheim te hou, was amper moeiliker as die “proposal” self.

Vervolgens het Kevin ’n hele verrassingsnaweek vir hom, Michellé en Megan gereël, natuurlik sonder Michellé se medewete.

Tydens ’n wildrit moes Michellé die hele tyd leidrade volg en vrae beantwoord as deel van Kevin se slim strategie. Tussen al die romantiek deur hardloop daar toe skielik ’n eekhoring oor die pad… en Michelle, wat glad nie op die woord “eekhoring” op daardie oomblik kon onthou nie, skree toe doodernstig: “KYK DIE AKKERMONKEY!”

Tot vandag toe sal daardie dier nooit weer net ’n gewone eekhoring wees nie!

Na diè avontuur, tydens die mooiste sonsondergang, het Kevin uiteindelik op een knie afgegaan en die groot vraag te vra Voordat hy dit egter kon doen, moes hy eers vir Michellé aanpor om nader te kom, wat toe nog op krukke was.

Wat alles ekstra spesiaal gemaak het……. Megan het Michellé se ring help ontwerp.

Natuurlik het Michellé JA gesê!

dae

Vier ons liefde

14 NOVEMBER 2026

Seremonie

Saterdag, 14 November 2026
16:00

De Pecan Valley

Heidelberg

Drag: Semi-Formeel

Ons grootste geskenk is om julle daar te hê.
Julle danspassies is genoeg… maar kontant sal ook werk.

Akkommodasie

De Pecan Valley (Beperkte Akkommodasie)
depecanvalley.co.za  |  079 116 2618

Crown Hotel
www.heidelbergcrownhotel.com | 066 476 2625

Pichana Gaste Huis
www.picanhaguesthouse.co.za | 076 096 7853

Heidelberg Lodge
www.heidelberglodge.co.za | 072 222 5040

Ibis Nest
www.ibisnest.co.za | 072 869 8980

Gaan U bywoon?

Bevestig asb voor of op 10 Oktober 2026. Kinders is welkom… maar spasie is beperk 😉 Indien julle lus is vir ’n aand sonder “Mammaaa!” en “Ek is honger!”, voel vry om die kleintjies tuis te laat. Ons sien uit daarna om julle met ’n heerlike spitbraai te bederf. Indien julle enige allergieë of spesiale dieetvereistes het, laat weet ons asseblief voor die tyd.

This field is required.
This field is required.
Dui asb aan of U die troue gaan bywoon of nie.
This field is required.
This field is required.
This field is required.
Ons sien uit daarna om julle met ’n heerlike spitbraai te bederf. Indien julle enige allergieë of spesiale dieetvereistes het, laat weet ons asseblief voor die tyd.
This field is required.
pics
Scroll to Top